BUITEMUURS TINI VORSTER - Laerskool Tini Vorster

LAERSKOOL
TINI VORSTER
15 Joubertstraat, Nigel
Title
Go to content
Met trots kondig Tini Vorster ons aanstellings vir 2020 aan!!!
Baie geluk aan Lizè Smith, wat volgende jaar die graad een klas gaan waarneem.
Sy spog met 'n sielkunde graad, bo en behalwe haar B Ed.
Langs haar is Carin Vermaak, wat nadat sy haar BCom graad verwerf het,
haar praktiese onderwys by ons kom doen het vir haar BEd.
Ons het tòè al gesien watter spogjuffrou sy is!
En langs mnr Holm'ner staan Nadine Koekemoer wat nou klaarmaak met haar studies
en met 'n volbloed Vossie getroud is!
Hierdie Golden Key student spog met vele prestasies in haar lewe, waaronder Hoofmeisie-skap èèn is!
Nou is ons gereed vir 2020!


Ons nuutste Vonkel Vossies is Julian Devenier en Dawie Naudè!
Ons is trots op julle 2!!



Meneer Holm'ner verjaar die 19e Maart en die hoofseun, Joshua Munro en hoofdogter Anzelle Doubell het 'n geskenk namens die leerlinge aan hom oorhandig.

Flukse Vossies word beloon met Vonkel Vossie toekennings, vir onbaatsugtige dienslewering!
Baie dankie Linda Nkosi, Willem Pretorius, Theuns van der Merwe,Juan Joubert, Megan Schreiber, Damien Nel  Zander Vos!!
Julle flukse handjies word waardeer!!

Baie geluk aan die eerste Vonkel Vossies van 2019! Baie dankie Joshua en Daniël Munro dat julle tydens die Nigel Sentraal atletiekbyeenkoms bereid was om in te staan vir die atlete wat vir die een of ander rede nie kon deelneem nie. En...om 2 broers te kry wat flukser is as DW en Christivan Alberts, sal jy ver voor moet gaan soek! Baie dankie - julle is 2 raakvatters!!


Back to content