Tini vorster

Laerskool
Tini Vorster
15 Joubert straat nigel          
011 814 6470
Go to content
MEER OOR ONS:

Laerskool Tini Vorster is sentraal geleƫ in Nigel en maklik bereikbaar vir ouers en kinders in Nigel omgewing.

Leerders se veiligheid is van kardinale belang en daarom is daar CCTV kameras in alle klaskamers sowel as speelgronde en alle hekke.

Laerskool Tini Vorster beskik oor toegewyde personeel wat betrokke is by elke leerling. Persoonlike aandag word aan elke leerling se prestasie en probleme gegee. Die onderwysers is die room van die onderwyskorps en hulle stabiliteit verseker die beste resultate vir die skool. Hier word vriendskappe oor die jare opgebou tussen kinders, ouers en personeel.

Laerskool Tini Vorster sal u kind op akademiese gebied die beste grondslag gee. Spesiale aandag word gegee aan remediƫrende onderwys. Ons beskik ook oor 'n klas vir leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes. Die Mediasentrum beskik oor 'n verskeidenheid hulpmiddels.

Ons beskik oor 'n Rekenaarsentrum waar elke leerder gratis rekenaaropleiding ontvang.
Ons leerlinge blink uit op alle sportgebiede. Voldoende fasiliteite en die beste afrigting is tot hulle beskikking.

Die leerlinge speel aktief skaak en neem deel aan opvoerings en kunswedstryde. Die skoolkoor, spreekkoor, revuegroep en slagorkes het al bekendheid verwerf.

Ek strewe na die:

Voortbestaan, behoud en identiteit van ons volk se Afrikaans,Christelike Kultuur deur Geloof, Hoop en Liefde prakties uit te leef.
Om in alle opsigte getrou te wees aan Laerskool Tini Vorster.
Reinheid ten opsigte van my werk, persoon, gedagtes en gedrag sodat ons deel kan wees van 'n opgevoede gemeenskap.

Erekode

Ons glo in God, die Vader
Ons glo dat ons 'n lewenstaak het, getrou moet wees en ons plig moet doen.
Ons glo in diens aan ons skool, gemeenskap, land en volk.
Ons glo aan ons leuse: Saamstaan en bou.
Ons glo in eerlikheid, hulpvaardigheid en vriendelikheid.
Ons glo dat ons gedagtes, woorde en dade rein moet wees.
Ons glo daarin om ons moedertaal suiwer te hou.
Ons glo dat ons ons ouers, meerderes en medemens moet eer.
Ons glo daarin dat ons moet waak teen vervlakking en liberalisme.
Ons glo: Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees God Regeer!
Designed and hosted by Issen Technologies 2021
Back to content